Witblits, Mampoer and Liqueurs  

Products of the "Klein-Karoo"   


Home History Products Gallery Place an order Contact Us
 

"History of BOBINA"

(Witblits, Mampoer en Likeurs)

 

Bobbie en Ina van der Westhuizen distileer reeds vanaf 1985. Bobbie van der Westhuizen het die ketel geerf vanaf oorlede skoonpa Honie en ma Corrie Nortje. Honie en Corrie Nortje was woonagtig op die plaas Roodekop, in die Ventersdorp distrik (Noord-wes provinsie).

In 1960 het meneer Nortje die stookketel vanaf 'n dame, wie se identiteit ongelukkig verlore geraak het, gekoop. Meneer Nortje was 'n mampoer stooker en lid van die landbou distileerders gilde vanaf 1960 tot 1985 waarna Bobbie die stookery oorgeneem het.

Bobbie en Ina van der Westhuizen begin hulle stook jare op die plaas Roodekop. Soos die lewe draaie met 'n mens loop verhuis Bobbie en Ina in 1990 na Waboomskraal in die vrugte-volle George distrik (Suid-Kaap).

 




Mampoer

Witblits

 

Die kwaliteit en kwantiteit van druiwe, pere en perskes in die valei het Bobbie en Ina aangespoor om die stook tradisie in die Suid-Kaap voort te sit.

In 1993 is die mampoer stookketel na die Suid-Kaap verskuif, waarna Bobbie en Ina weer aktief begin stook het. Sederdien het hulle die stook kultuur uitgebrei en hul self gelisensieer om hulle produkte aan die publiek te bemark as "BOBINA". Wat is dan tog lekkerder en beter om die kultuur uittedra as om die ware jakob te proe?

 

 



Ina het vinnig geleer om bobaas witblits likeurs en room likeurs te maak en spog met 'n verskeidenheid van kleure en geure. Ina was ookal by die nationale mampoer fees gekroon as die "Stook kampion met meeste punte in likeurs" terwyl Bobbie verskeie jare weggestap het as die Suid-Afrikanse Stook Kampion. Bobbie word veral geken aan sy uitstaande witblis en mampoer.

 

Mampoer

Bobbie en Ina is steeds woonagtig in die sprokies mooie Waboomskraal, aan die voet van die Outeniqua pas. Waboomskraal is 22Km vanuit George op die Oudtshoorn pad gelee. Indien die traditionele stook kultuur besigtig wil word of van "BOBINA" se uitstaande produkte gekoop of geproe wil word, skakel gerus 044-886 0176 of 082 851 2572.

Mampoer

 

 


Web-master: rrvdwest@gmail.com | www.bobina.co.za